SONDAG 6 Jan 2008
SUIDERKRUIS GEMEENTE
Aanddiens
LITURGIE
(MG=musiekgroep, TS=tegniese span)
WIE |
WAT |
DETAIL |
T/S |
|
Vooraf musiek & afkondigings (Gebruik die afkondigings soos nodig) |
Suid 50 jaar. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2500 Kalendervoorblad2008. . . . . . . . . . . . . . . . .2500v Kalenderpersoneel. . . . . . . . . . . . . . . . . . . .2500p Kalender. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .kalender Dankie vir 2007 - voorspoed vir 2008. . . . . . 2501 Kerkgebou. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2502 Feesblad. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .2503 Jesus die fondament . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2504 Nuwe intrekkers. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2505 Terreinplan. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .2506 |
Welkom Afkondig |
TS |
5 minute vooraf |
|
|
Liturg |
Welkom & groet |
|
welkom |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed |
Liturg |
Oproep tot lof |
Ps 43 |
ps43 |
MG |
Lof |
“Al jul volke klap jul hande” “Bring lof aan die Vader” “O Heer my God” “Lofofferlied” |
615 205 933b 875 |
Liturg |
Oproep tot aanbidding |
Mossie |
beheer |
MG |
Aanbidding |
“U is in beheer” “Come” “Abba Vader” |
1044 673 611 |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
|
|
Liturg |
Skriflesing |
Mat 16:13-20 (18) |
Skrif |
Liturg |
Preek |
Kerkwees in 2008? |
Preek |
Almal |
Toewyding |
|
Stilgebed |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed |
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
Diakens |
Offergawe |
Afkondings op bord |
afkondig |
Liturg |
Afkondigings |
|
|
MG |
Lied |
“Sendinglied” “Send Your holy fire” |
993 994 |
Liturg |
Seën |
|
2510 |
PREEKSKETS
Daar word vandag baie gesê en baie geskryf oor die kerk.
Natuurlik is die grootste konsentrasie van kennis op die paviljoen.
Verskillende verwagtinge van die kerk:
∙ Die Kerk moet Afrikaans bewaar
∙ Die kerk moet die Afrikaanse taalbeweging dryf.
∙ Die kerk se hooftaak is die beskerming van Afrikaans.
∙ Die kerk moet die blankes bewaar.
∙ Die hele samelewing is besig om te verander.
∙ Blankes het al hoe minder sê en inspraak.
∙ Daarom: Kerk moet ten alle koste blank bly.
∙ Die enigste plek waar blankes nog ‘n sê het.
∙ Dis ons laaste magsbasis.
∙ As ons dit verloor het ons niks meer nie.
• Veilige hawe / fort / monument
∙ Die kerk moet ‘n sekere soort spiritualiteit bewaar.
∙ Sekere soort liedere
∙ Sekere manier van kerkwees
∙ Plus minus lyk soos die kerk 50 jaar gelede gelyk het.
∙ Dit is ons karakter.
∙ Dit moenie verander nie.
∙ Ons moet dit probeer behou.
∙ Die kerk moet sekere normes en waardes bewaar.
∙ Maak nie saak hoe die samelewing verander nie...
∙ die kerk moet ‘n sekere manier van aantrek
∙ Die kerk moet die samelewing skoon hou.
∙ Verset teen aborsie.
∙ Verset teen pornogrfie.
∙ Verset teen Sondaghandel.
∙ Die kerk moet die regering se HOP uitvoer.
∙ Die kerk se belangrikste taak is opheffing
∙ Gelyke regte
∙ Menswaardige lewens
En so het elkeen maar ons eie verwagtinge van wat die kerk moet doen:
En die voordeel van die tyd waarin ons leef...
As hierdie kerk jou teleurtsel ... Soek ‘n ander
Totdat jy een kry wat aan jou vereistes voldoen.
Die groot vraag is: Wat sê die Here?
Wat is die rol van die kerk?
Waarvoor is ons hier?
Wat leer die Bybel oor die kerk?
1. Die kerk is gebou op ‘n belydenis
Mat 16:16
2. CHRISTUS IS DIE HOOF VAN DIE KERK - DIE KERK IS SY LIGGAAM/VOLHEID
Efes 1:22 Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23 Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Ons doel is nie om die WRK gelukkig te hou nie.
Politici.
Media
Meerderheid van die lidmate.
Jesus Christus self is die hoof van die liggaam.
∙ Dis Sy kerk.
∙ Nie ‘n demokrasie nie!
∙ ‘n Teokrasie.
Die grootste ding wat ons kan doen, is om Hom gelukkig te maak.
Nie om mense te “please” nie
Om God gelukkig te maak.
3 ‘N SEËN VIR DIE NASIES
Gen 12:12 Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. 2 Ek sal jou ’n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou ’n man van groot betekenis maak, en jy moet tot ’n seën wees. 3 Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”
∙ Hoekoem het die Here vir Abraham gekies?
∙ Omdat hy beter was as die ander?
∙ Sodat hy vir homself kan sê: Ek is spesiaal
∙ Uit al die mense het die Here my gekies
∙ Nee, sodat hy ‘n seën vir die nasies kan wees.
∙ Seën?
∙ Om goed te wees vir hulle..
∙ Om God se goeie wense aan hulle oor te dra
∙ Om God saam met hulle te stuur.
∙ Watter nasies?
∙ Die Filistyne, Amalakiete, Moabiete, Edomiete...
∙ En ons? Die Tswanas, Hollanders, Grieke, Zoeloes, Kleurlinge...
∙ MAW: om goeie wense oor te dra aan die Tswanas, Zoeloes, Portugese....
∙ Om God saam met hulle te stuur.
∙ Hoe sal ‘n mens dit doen?
1 Pet 2:9 Julle, daarenteen, is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. 10 Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.
Die kerk se rol:
Die wêreld moet hoor van al die groot dinge wat die Here gedoen het.
Elke nasie.
Elke volk.
Elke taalgroep.
Elke velkleur.
Elke sosiale stand.
Is dit nog ons hoogste doelwit?
Of het ons eie verwagtinge belangriker geword?
Verhaal:
1972 - eiland Gaum in die Stille Oseaan - Japanner ontdek
In 1942 daarheen gestuur
Onder indruk dat dit steeds oorlog was
Oorlog al 30 jaar verby
En hy weet dit nie.
4. VESTIGING VAN NUWE WAARDES EN NORME
Kol 3:9 Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10 en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. 11 Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.
Alles in die wêreld is eksklusief:
Slegs mans.
Slegs vroue.
Slegs blankes.
Slegs nie-blankes.
Slegs grootmense.
En die kerk?
Die kerk is anders.
Dis inklusief.
Dit sluit mans en vroue in.
Grootmense en kinders.
Blankes en nie-blankes.
Afrikaans en Engels en Duits en Frans en Tswana en..en...en...
Om die waarheid te sê: Daar is net een vereiste:
Jesus Christus moet jou koning wees.
Jy moet aan Hom behoort.
Jy moet beskikbaar wees vir Hom.
Daar is geen ander vereiste nie.
5. DIE VESTIGING VAN ‘N NUWE LEWENSTYL
Kol 3:12 12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14 Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. 16 Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. 17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.....mans en vrouens....eienaars en slawe....kinders en ouers
Suid-Afrika is ‘n land vol pyn en hartseer.
Vol misdaad.
Lewens is niks werd.
Onvrede.
Onverdraagsaamheid.
Selfsug.
Beskerming van elkeen se eie goed.
Onbetrokkenheid by mekaar se nood.
Die kerk is geroep om anders te wees:
Verdraagsaam teenoor andere.
Selfs al verskil ons.
Ons kan mekaar nogsteeds vriendelik groet.
Ons kan steeds vir mekaar bid.
Vergifnis vir mense wat oortree het.
In die kerk moet daar plek wees vir mense om oor te begin.
Om ‘n tweede begin te maak.
Sonder om vir altyd te hoor van hoe sleg ek was..
Liefde vir mekaar.
In die kerk moet mense regtig omgee vir mekaar.
Mekaar op die hart dra.
Na mekaar se belange omsien.
Vrede met alle mense.
In die kerk moet daar vrede wees.
‘N Bakleiende kerk is ‘n sterwende kerk.
Dankbaarheid vir dit wat ons het.
Almal wil meer en meer hê.
‘N Groter salaris.
‘N Groter verhoging.
In die kerk moet daar tevredenheid wees.
Dankbaarheid vir dit wat ons het.
‘N Lewe vol lof.
TEN SLOTTE:
Die kerk is ‘n lig vir die wêreld.
‘N Stad op ‘n berg.
Sout vir die aarde.
God se hande en voete in die wêreld.
Verhaal: broer Andrew
Reis deur Rusland en Siberië
Praat met toegewyde kommunis oor evangelie.
Lag hom uit.
“As julle werklik glo dat Jesus die Redder van die wêreld is; waarom wen julle dan nie die hele wêreld vir Jesus nie?”
Verskil tussen christene en kommuniste: Julle is toeskouers, ons is deelnemers.
Eers as die waarlik kerk is, sal hy met vrymoedigheid kan uitroep:
Maranata, kom Here Jesus.
Die bruid id nou gereed.
Sy wag vir U.
Sy is vergun om spierwit klere te dra.
Kom Here Jesus, kom gou!